Testamente

U testament is u laaste sê oor wat met u besittings na u dood moet gebeur.

Hou asseblief in gedagte dat die persoon wat die testament teken (die Testateur) dit moet teken in die teenwoordigheid van twee getuies (ouer as 14 jaar), en dat ’n getuie nie ’n genomineerde begunstigde of eksekuteur mag wees nie.

Ons beveel aan dat u testament opgestel word met inagneming van die groter prentjie van u algehele finansiële beplanning — dit moet nie sonder deeglike oorweging gedoen word nie. Behoorlike beplanning om genoegsame likwiditeit te verseker is baie belangrik: "Testamente betaal nie paaiemente nie." Behoorlike beplanning kan ook boedelbelasting-verligting meebring.

Indien u ouer as sestig is, sal ons oorweeg om u testament op te stel teen ’n nominale fooi van R350 + BTW (terme en voorwaardes van toepassing).

Opsies wat oorweeg kan word

Ons moedig u aan om ’n prokureur te raadpleeg wat u oor hierdie opsies kan adviseer en u kan bystaan met die opstel van u testament.

Laai voorbeeld-testamente af