Profiel van Johann Grobler

Mnr Grobler het in Durban grootgeword en in 1969 aan die Hoërskool Port Natal gematrikuleer. In 1974 verkry hy die B Iuris-graad aan die Universiteit van Pretoria. In 1975 begin hy sy leerklerkskap by Klagsbruns in Pretoria en word in 1978 toegelaat as Prokureur van die Hoërhof. In 1980 is hy toegelaat as Aktebesorger.

Nadat hy as professionele assistent in diens was by Louw & Heyl en Cliffe Dekker & Todd, begin hy in 1983 vir sy eie rekening praktiseer. Gedurende 1988–1994 dien hy as Bestuurder – Testamente en regsadviseur by BankorpTrust (later ABSA Trust), terwyl hy deeltyds praktiseer.

Hy begin weer voltyds praktiseer in 1995 te Cresta en praktiseer sedert 1999 op die Wesrand. In 2004 voltooi hy die Program in Gevorderde Trustreg aan die Universiteit van Pretoria. Intussen studeer hy teologie aan die Noordwes-Universiteit waar hy ’n M.A. in pastorale studies behaal. In 2008 word hy toegelaat as Notaris van die Hoërhof.

Mnr Grobler dien op die Prokureursorde se paneel van mentorskap-aktebesorgers wat prokureurs bystaan met hul voorbereiding vir die aktebesorgereksamens.

Maak ’n afspraak
Johann Grobler