Hulp met die bereddering van ’n boedel
’n Geliefde is pas oorlede. Daar is hartseer — en nou kom jy agter daar is ook wetlike verpligtinge en administratiewe verantwoordelikhede rondom die boedel. ’n Prokureur of boedelberedderaar kan help, teen ’n fooi natuurlik. Die voorgeskrewe fooi is 3,5% van die bruto waarde van die boedelbates, wat kontantvloei-probleme kan meebring wat julle nie voorsien het nie.
Wat nou?
Indien die eksekuteur reeds in die testament benoem is, is daar nie veel opsies nie — jy kan vir ’n verminderde fooi onderhandel, maar as die eksekuteur weier, is daar min wat jy daaraan kan doen.
Indien die eksekuteur nie benoem is nie, of jy of ’n nabye familielid benoem is maar nie weet wat om te doen nie, kan jy of die familie met ’n prokureur of beredderaar beding vir ’n laer fooi.
Stuur ’n e-pos versoek aan jg@jglaw.co.za of kontak ons.